RIVERSDAL SPORT NUUS - Dit was geen verrassing nie toe Mathlin Fielies Vrydagaand 23 November as Blues-rugbyklub se Sportman van die Jaar en beste eerste span voorspeler aangewys is tydens die klub se jaareindfunksie.
Die prysuitdeling het in die Riverville-stadion plaasgevind.
Nicky Juta, wat na twee termyne as uitvoerende bestuurslid vir SWD uittree, het die klub geprys vir hulle respek en ook meer van Blues se ontstaan vertel.
Hy het ook die spelers en bestuur met belangrike aspekte toegespreek en sterkte toegewens met die 2019-rugbyseisoen.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Van links is hoofafrigter Ryno Jacobs en Mathlann Filies, Blues se Sportman van die Jaar.
Dessie Scoltz en Austin Sefoor, Junior Sportman van die Jaar.
Nicky Juta.
Interim voorsitter van Blues, Daleen Bokwana en Keawin Mortlock (jnr).
"Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus."