RIVERSDAL NUUS - Die naelskraap oorwinning van 14-12 deur Riversdal Blues oor die All Blacks, Oudtshoorn het verseker vir groot opwinding Saterdag, 19 Maart gesorg.
Dié wedstryd op Blues se tuisveld was dan ook die eerste ligawedstryd van die seisoen.
Ten spyte van die oorwinning was dit nie 'n goeie begin vir die tuisspan nie. Te veel onnodige foute het hulle byna die wedstryd gekos. Die span het egter nooit handdoek ingegooi nie en heelwat spelers het uitgeblink, soos die senter, Jaco Arendse en Deon van Eden.
Die besoekers kon net nie die sterk senter van Blues stuit wanneer hy eers op spoed was nie en Arendse kon vir sy span twee pragdriëe druk.
Wilbur Januarie het twee drieë verdoel, maar ongelukkig met redelik maklike skoppe misluk wat die wentelling aansienlik kon verhoog het.
Blues se C-span, wat eerste op die veld gedraf het, het hul wedstryd met 15-5 gewen. Die span se losskakel, Devin Karelse wat ook goed gespeel en 'n drie gedruk het, moes die veld na 'n besering verlaat.
Die B-span het ook hulle kant vir Riversdal gebring en die besoekers met 8-0 kafgedraf.
Blues se volgende wedstryd is Saterdag, 26 Maart weg teen Happy Hearts van Brandwacht.
Lees vorige artikel: 3 oorwinnings vir Blues
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'