RIVERSDAL NUUS - Die naelskraapse oorwinning van 14-12 deur Riversdal Blues oor die All Blacks, Oudtshoorn het verseker vir groot opwinding Saterdag, 19 Maart gesorg.
Dié wedstryd op Blues se tuisveld was dan ook die eerste ligawedstryd van die seisoen.
Blues se C-span, wat eerste op die veld gedraf het, het hul wedstryd met 15-5 gewen.
Die B-span het ook hulle kant vir Riversdal gebring endie besoekers met 8-0 kafgedraf.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'