"Dit het in die eerste twintig minute van die eerste helfte amper gelyk asof Heidelberg die wedstryd in hul guns kon beklink, maar Blues het die bordjies verhang met hul vinnige agterlyn-spel," verduidelik Ampie Moses, voorsitter.
Vir die tuisspan druk J. Arendse, N. Jafta en F. Hartnick elk 'n drie en W. Januarie verdoel twee van die drieë.
Blues B klop Heidelberg B met 20(13)-17(5), wat hul weereens bo-aan die punteleer plaas. Blues C speel 'n vriendskaplike wedstryd teen Heidelberg C en wen die wedstryd ook oortuigend.
Die volgende wedstryd in hierdie liga speel Blues op Heidelberg, waar hul van plan is om hul segetog voort te sit. Navrae oor vervoer na Heidelberg kan aan die voorsitter gerig word.
Riversdal Blues mag die bal in hierdie lynstaan kwyt wees, maar aldrie hul spanne wen verlede naweek oortuigend teen Heidelberg.
'n Welkome borgskap van t-hemde en pette. Van links is Attie Prins, Dan Johnson (afrigter), Ampie Moses (voorsitter) en John Jansen (hulp-tesourier).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'