RIVERSDAL NUUS - Die beseringspook loop dik in die Blues-rugbykamp. Vyf sleutelspelers sukkel met beserings, waarvan drie redelik ernstig is en dit voorspel niks goeds vir die opkomende wwdstryd Saterdag weg een George nie.
Blues was juis oorgehaal om die tweede ronde van die Super A-liga met hernude ywer aan te pak en ná sy verrassende oorwinning oor Barbarians van twee weke was dit of daar ‘n nuwe gees in die kamp vaardig is.
Die spelers het met groter selfvertoue begin speel, in hulself begin glo en besef dat hy van die ander spanne in dié liga kán klop.
Die kragmeting teen die kampioen, Crusaders, verlede Saterdag het tekens getoon dat daar tog ‘n opwaarste kurwe in die span se spel te bespeur is. Dis veral die Blues se rotsvaste verdediging waarop hy staatmaak om die grotes in dié liga vir ‘n oorwinning te laat werk.
Vooraf is daar wild en wakker voorspel dat Crusader maalvleis van die Riversdallers sou maak en is selfs op sosiale media vvoorspel ‘n wentelling vir die besoekers om die omgewing van 67-15 is heel haalbaar. Uiteindelik moets hulle huiswaarts keer met ‘n wentelling van 24-12. Joswin Bell val aan met die bal met die Blues – kaptein Jaco Arendse wat byderhand is om hom te ondersteun.
In die eerste helfte, op ‘n nat veld wat maar meesal ‘n gelykmaker is, het die besoekers met kragspel voorlangs oorheers. Veral in die vaste skrums en die lynstane het die tuisspan erg gesukkel om skoon balbesit te wen, maar nooit bes gegee nie. Dis spelers het kalm gebly en die talle aanslae op hul doellyn met puik verdediging afgeweer.
En met die rustydtelling gelyk op 12-12, was daar ‘n effens kriewelrigheid in die Crusaders-kamp. Volgens hul ondersteuners moes hulle toe al met so 30 punte voorgeloop het.Chadwin Paulsen slaag met n strafdoel.
In die tweede helfte het die noodlot toegeslaan en het beserings Blues seergemaak. André Spochter Jaco Arendse (kaptein), Joshwin Bell en Marico Lee is besser, waarvan die ernstigste Bell se harsingskudding hom ‘n week of drie van die veld kan afhou.
Lee se rooikaart, na twee geelkaarte vir agtereenvolgende skrumoortredings, was nie deel van Blues se planne nie. Die strafdrie vir Crusdaders het ook lelik seergemaak, maar dis nou maar rugby, né?
In dié stadium was Blues medegingend en het hulle selfs ‘n kans gehad om ‘n drie te gaan druk en hul telling na 19-19 elk op te skuif. Nou ja, as is verbrande hout.
Crusadsers se laaste ddrie het die wedrryd in hul guns beklink. Op die dag se spel het hulle vderdien om te wen, maar daai wentellings van iets in die sestigs …Pure wensdenkery.
Nathan Laverlot probeer ‘n gaping vind in Crusaders se verdiging.Maar Saterdag kry Blues kans om ten George te wys hy kan rugby speel. Die tuisspan kan nie een van sy provinsiale spelers inspan nie, want hulle Arende-spelers is almal huistoe.
Blues mag wel ‘n gekweste span wees, maar as jy veg met jou rug teen die muur is jy op jou gevaarlikste.
Soos bewys teen Crusaders en Barbarians is Blues hongerder vir ‘n wen. Dit kan in George deurslaggewend wees.
Nicolas Stephanus probeer twee Crusaders-verdedigers om te ontwyk. Foto’s: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’