RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het voor hul wedstryd teen die All Blacks van Oudtshoorn op Saterdag, 19 Maart afgeskop het, hulde gebring aan spelers wat as gevolg van die Covid-19-virus gesterf het.
Dit was 'n emosionele oomblik toe albei klubs wit en blou heliumbalonne vrygelaat het. Reons Sauls (voorsitter en speler), Matlon-Jo Fielies (speler) en Attie Steyn (oud- speler) is vereer.
Die klub bedank ook die eienaar van 'n slagtery op Riversdal wat hulle nuwe truie geborg het.
Van links: Liezle Saayman (sekretaris), Pieter Hurling (voorsitter), Leandra Sauls met haar kleinkind, Ashleen, Dough Michaels en Nicky Juta (ondervoorsitter) tydens die herdenkingseremonie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'