SUID-KAAP NUUS - Riversdal Blues se B-span is die Hessequa-streek se enigste verteenwoordiger in die SWDRU se Premier- en Presidentsligas eindronde Saterdag 1 September op Outeniquapark.
Al drie spanne van Barbarians van Mosselbaai ding om die Premierliga-bekers mee.
In die hoofwedstryd van die dag kom Barbarians teen die verdedigende kampioene, Progress van Rosemoor te staan. George en Spring Roses sê mekaar die stryd in die Presidentsliga aan om sodoende na die Premierliga volgende seisoen op te skuif.
Premierliga
- C - Barbarians teen Evergreens
- B - Barbarians teen Progress
- A - Barbarians teen Progress
Presidentsliga
- B - E: Riversdal Blues teen Spring Roses
- A - George teen Jaguars
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'