HEIDELBERG NUUS - Arrows-rugbyklub van Slangrivier het Saterdag, 30 April hul tuiswedstryd teen Black Birds van Van Wyksdorp met 23-14 gewen.
Die rustydtelling in die SWDRU Eersteliga-Wes wedstryd was 6-5 in die besoekers se guns.
Vir Arrows druk Delverne Plaatjies, Danville Jemaar, Timothy van Wyk (kaptein) en Martinique Pretorius elk 'n drie.
Plaatjies slaag ook met 'n strafskop.
Black Birds se puntemakers was Virgil Opperman met ’n drie en Miguel Opperman wat met ’n strafskop geslaag het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'