RIVERSDAL NUUS - Die SWD Presidentsliga se tweede ronde het Saterdag 2 Junie afgeskop.
Vir Riversdal Dorp was dit glad nie 'n goeie begin nie. Dorp het hul eerste ligawedstryd teen Arrows gespeel, maar kon nie die mas teen Slangrivier se spanne opkom nie.
Voor- en agterspelers het lus gehad vir rugby speel en mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Dorp het binne 10 minute vir hulle eerste drie oorgeval en minute later weer vir hul tweede drie. Voor die fluitjie vir rustyd kon blaas, het Arrows ook twee prag drieë gedruk.
Riversdal Dorp wat oor 'n goeie agterlyn beskik, kon in die tweede helfte met net een drie slaag. Die besoekers het vir 80 minute aanhou rugby speel en die telling opgeskuif na 23 punte.
Arrows het vier drieë gedruk en nog 'n bonuspunt uit die wedstryd gekry. Die Dal se afrigters was glad nie tevrede met verkeerde besluite wat deur spelers geneem is nie.
Nathan Boesak, Aldo Esau en Leonard Manual (2) het almal drieë gedruk vir Arrows A-span. Arrows se B-span het hulle wedstryd gemaklik met 20-8 gewen. Die jonges het ook gewys hulle kan hul man staan en het 4 drieë gedruk. Luchen Boesak, Hurman Hoogbaard, Carlo Boesak en John D Hoogbaard het die vir dié drieë oorgeval.
Arrow A-span van Slangrivier.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'