SLANGRIVIER NUUS - Arrows-rugbyklub het Saterdag in hul eerste vriendskaplike tuiswedstryd teen hul aartsvyand, Riversdal-dorp, daarin geslaag om hul besoekers net-net met 17-12 te klop.
Díe rustydtelling was 7-7 elk.
Nieteenstaande die hitte was albei spanne gretig om die bal lug te gee. Maar dit was duidelik dat die spelers nog erg verroes was.
Die voorseisoense wedstryd is voor- en agterlangs hard gespeel en albei spanne wou hul stempel afdruk, maar ongedwonge foute het vloeiende spel gekniehalter.
Daar is baie plek vir verbetering vir albei spanne, maar hul afrigtingspanne kan met vertroue die nuwe seisoen aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’