Gallery
ALBERTINIA NUUS - Die manne van die Karoo Harlequins het verlede Saterdag vir Albertinia Rangers voor hulle tuisskare met 26 - 15 geklop.
Harlequins het van die afskop af die krane behoorlik oopgedraai en binne vyf minute vir hul eerste drie oorgeval.
Dit het nie die tuisspan afgeskrik nie en minute later het hulle ook gaan druk.
Albei spanne het die tempo van die spel opgestoot en vir groot vermaak vir die entoesiastiese tuisskare gesorg.
Maar Rangers kon ongelukkig net nie sy neus voorkry nie en die besoekers kon tot aan die einde aan hul voorsprong vasklou.
FOTOGALERY: Karoo Harlequins klop Albertinia Rangers
Drie verdedigers van Albertinia Rangers omsingel die speler van Harlequins.
Rangers se B-span van Rangers het wel vergoed deur hul teenstanders met 21 - 18 te klop. Vir die wenspan het Edwin Junior Pieterse (losskakel), Rejovaan Fortuin (losvoorspeler) en Lenesteoy Tarentaal (senter) uitgeblink.
Die komende Saterdag wag 'n steil bult op Albertinia Rangers wanneer die span na Melkhoutfontein gaan om die voorloper in die Super B-liga, Seagulls, aan te durf.
Hierdie een sal Rangers graag wil wen, maar op Seagulls se tuisveld kry geen span dit reg nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’