ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers het sy vriendskaplike rugbywedstryd verlede Saterdag teen Titans in Mosselbaai gemaklik met 40 - 20 gewen.
Vir die wenspan het Allen Samaai (agtsteman) en Clinton Daries (flank) onder die voorspelers uitgeblink en agterlangs was dit Hagan Paulsen (vleuel) en Angelo Uithaler (heelagter) wat die oog gevang het.
Hoewel Albertinia oor 'n relatiewe klomp jong spelers beskik, kan hulle vanjaar 'n heel paar spanne lelik op hul neuse laat kyk.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'