TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die skeie het Saterdag, 30 Oktober behoorlik op Riversdal geklap toe Eden, die Westelike Provinsie, Kaapse Wynland en Overberg mekaar die stryd tydens die inter-distrikte toernooi aangesê het.
Eden en Overberg het met ses spanne elk, WP met vyf spanne en die Kaapse Wynland met vier spanne opgeruk. Die reën het van tyd tot tyd spel 'n bietjie ontwrig, maar hierdie 84 spelers het spel van hoogstaande gehalte opgedis.
Die Westelike Provinsie het behoorlik skoonskip gemaak toe hulle die A-, C- en D-afdelings gewen het.
Volgens die voorsitter van Eden Jukskei, Henry Gerber het die Covid-pandemie wel 'n invloed op die ledetal omdat die meeste jukskeispelers ouer mense is. "Hulle is maar skrikkerig om rond te ry om aan kompetisies deel te neem, maar toernooie soos hierdie kan steeds suksesvol aangebied word," het hy gesê.
Die oudste speler was die 89-jarige Koot Swart van Hartenbos. Hy sê dat hy in die Karoo geboer het voor hy hom 20 jaar gelede op Hartenbos gevestig het. Dit het hom gebrei om nou nog aktief jukskei te speel. Aan die anderkant was daar Henry Binedell van die WP wat maar 'n skrale 12 jaar oud is. In hierdie sport maak ouderdom nie saak nie.
Spanne
- Eden A1: Buks Scholtz, Bosse Boshoff, Dolf Barnard en Sydney Stopforth
- Eden A2: Adina Steyn, Annette Pretorius, Johann Drummer en Elna van der Berg
- Eden B1: Henry Gerber, Chris Viljoen, Johan van Dyk en Jan van Dyk
- Eden B2: Louie Minnaar, Viandré Fourier, Duimpie van Zyl en Jacky Hanekom
- Eden C1: Koot Swart, Malie Pienaar, Elias Burger en André le Grange
- Eden D1: James van Tonder, Magriet Hanekom, Annemarie van Staden en Gustav van Heerden.
Uitslae
- A-Afdeling: 1. WP A1; 2. WP A2; 3. Eden A1; 4. Eden A2; 5. Overberg A1 en 6. Kaapse Wynland A1.
- B-Afdeling: 1. Overberg B1; 2. WP B1; 3. Eden B1; 4. Eden B2 en 5. Kaapse Wynland B1.
- C-Afdeling: 1. WP C1; 2. Eden C1; 3. Overberg C1; 4. Overberg C2 en 5. Kaapse Wynland C1.
- D-Afdeling: 1. WP D1; 2. Kaapse Wynland D1; 3. Overberg D1; 4. Overberg D2 en 5. Eden D1.
Die 89-jarige Koot Swart speel nog 'n barshou.
VORIGE ARTIKEL: Jukskei: WP oorheers toernooi
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'