HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het verlede Saterdag behoorlik uit sy nate gebars met verskeie sportgeleenthede wat daar aangebied is.
Die grote van die dag was die Wes-Kaapse skole-toutrekkampioenskappe, die grootste van sy soort in die land, wat hier plaasgevind het. Sowat 1300 kinders van 236 spanne landwyd het hul hakke by Heidelberg Hoërskool se sportgronde ingekap.
'n Kermisatmosfeer het by die skoolgronde geheers met stalletjies wat eet- en drinkgoed verkoop het, en opgewonde toeskouers, afrigters en toutrekkers wat die plek laat dreun het.
Naas klub- en ook skolerugbywedstryde, het die SWD se provinsiale rugbyspan in 'n vriendskaplike wedstryd kragte gemeet teen die Boland.
En die Demokratiese Alliansie het die eerste verkiesingskote gevuur met die opsit van verkiesingsplakkate in Diepkloof, Heidelberg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’