STILBAAI NUUSFLITS - Vier van die plaaslike rolbalklub is gekies om Eden-rolbalunie tydens die SA Inter Distrikte 2018 toernooi te verteenwoordig wat gedurende Maart plaasgevind het.
Eden-rolbalunie kies jaarliks drie spanne van agt lede uit nagenoeg 2 000 geregistreerde spelers om die distrik te verteenwoordig, naamlik die ope-, B- en die senior span (spelers oor 60 jaar).
Die plaaslike klub was baie goed verteenwoordig tydens hierdie interdistrikte kompetisie.
Die vier lede wat verkies was, is Johann Roestorff (B-span), Piet Robbertse (senior mans), Mariaan van der Walt en Magda Robbertse (senior dames).
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'