RIVERSDAL SPORT NUUS - Hessequa-veerpyltjieklub se vrouespan het gedurende die week van 24 tot 29 Junie tydens die Suid-Afrikaanse veerpyltjie-kampioenskap in Port Elizabeth goud verower.
Die span, bestaande uit Hannelie Faddel (kaptein), Marie Anne Oosthuizen, Tina du Toit, Elize Koen, Jenise Stevens en Gina Els, het die prestasie in afdeling vier behaal.
"Hulle het baie goed presteer," sê Alex Faddel, voorsitter van die klub.
Die vrouespan het net een van die 11 wedstryde wat hulle by die Nelson Mandela Universiteit se sportkompleks gespeel het, verloor."
Die span het Sondag 23 Junie uit Riversdal vertrek en van Maandag tot Saterdag teen meer as 1 000 deelnemers meegeding.
"Die vroue speel goed saam as 'n span en gaan dikwels in George saam oefen."
Die Faddel-gesin het duidelik hope talent. Ma Hannelie, wat drie jaar gelede eers betrokke geraak het, is as beste speler van die toernooi aangewys.
Hul kinders, Zander (20) en Alexis (28), het albei Protea-kleure verwerf. Zander het pas uit Engeland teruggekeer waar hy aan die Junior Wêreldkampioenskap deelgeneem het.
Van links: Hannelie Faddel (kaptein), Mary Anne Oosthuizen, Tina du Toit, Elize Koen, Jenise Stevens en Gina Els.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'