Update
HESSEQUA SPORTNUUS - Kompeterende deelname in veerpyltjies word onder vlak 1 van inperking steeds nie toegelaat nie.
Eden se veerpyltjiefederasie het hulle egter nie laat afskrik nie en die sport word nou aanlyn beoefen.
Die president van Eden se veerpyltjiefederasie, Annelize Nel het verduidelik dat die lede nou vanuit hul huise kompeterend speel. Sosiale spel vind ook plaas.
Die federasie maak gebruik van Nakka n01, waar spelers mekaar uitnooi om met behulp van 'n webkamera en aanlynpuntestelsel pyle gooi. Die aanlynspeletjie wys wie aktief is of wag vir 'n speler om teen te speel. Toeskouers kan ook aanlyn dophou hoe ander spelers kompeteer.
Die n01 is die punte-sagteware vir regte 501 speletjies op die pylbord, maar nie die videospeletjie nie.
Dit is gebou om 501 speletjies met staalpuntpyle te speel. Jy kan jou telling invoer en die program toon die wengemiddelde, asook jou pylgemiddelde.
Gedetailleerde resultate word vir elke speler getoon. Suksespersentasie word getoon met die Check Out Mode. Met 'n rekenaar byderhand kan spel op 12 vlakke plaasvind.
Vorige artikel: Veerpyle vlieg aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'