RIVERSDAL NUUS - Die 265 drawwers wat Saterdag 5 April by die Windhoek-gasteplaas vir die eerste Ultra Trail Sleeping Beauty-bergwedloop aangetree het, kon nie vir beter weer gevra het nie.
Dit was windstil met 'n matige temperatuur wat heeldag geheers het - perfekte omstandighede.
Die eerste 17 atlete het om 05:00 op die roete van 65 km weggespring en is met gereelde tussenposes deur die drawwers in die 40 km, die 20, en toe laastens die 10 km, gevolg.
Die prysuitdeling is so skuins na 14:00 gehou om die altramarathonatlete kans te gee om by die eindpunt op te daag.
Lodelia Kombrink was die eerste vrou in die 65 km-wedloop in 'n tyd van 7:43:14 met Nelius Smiht die eerste man met 'n tyd van 8:15:45.
Die twee voorste drawwers in die 40 km-roete was Mary-Lee Botha (5:01:49) en Robert Hobson (4:07:06).
Natassja Payne (1:51:46) was eerste oor die 20 km-eindstreep met Rikus Saayman (1:26:22) die vinnigste man.
In die 10 km-wedloop was die onderskeie wenners Amoré Brazer (56:04) en Martio van Schalkwyk (37:19).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’