STILBAAI NUUS - Erin Hardnick, Alaina Jantjies en Duane Kamfer van Laerskool Volschenk, Riversdal en Tatum Riddles van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai het Vrydag 13 en Saterdag 14 Mei aan die Wes-Kaapse skolenetbalproewe vir meisies o.12 in Oudtshoorn deelgeneem.
Erin en Tatum is in die Wes-Kaapse span opgeneem wat vanaf 16 tot 19 Julie aan die All Ages SA toernooi in Boksburg, Gauteng sal deelneem.
Volgens juffrou Hayden du Toit, netbal afrigter by Hoërskool Albertinia het die meisies baie hard gewerk en sy wens hulle sterkte toe.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'