Dit, volgens hul afrigter sensei Driekus Crous van die Langeberg Kickboxing Academy, is 'n bewys dat hulle geensins hoef terug te staan vir enige ander klub in die land nie, aangesien dié kompetisie die tweede grootste in die land is.
Die presteerders
Goud: Anri Greeff (2), Carla Grebe (1). Silwer: Crous (2), JP Pretorius (2), Willem Krugel (1), Josua Koen (1) Phillip Wright (1), Francois Koen (1) en Grebe (1). Brons: Chantelle de Jager (1) en Francois Koen (1).
"Baie geluk aan elke student wat deelgeneem het, asook die studente met hul uitnemende prestasies. En dankie aan elke persoon wat dit vir die studente moontlik gemaak het om aan die kompetisie te kon deelneem," het Crous afgesluit.

Carla Grebe en sensei Driekus Crous tydens 'n oefening. Inlas bo: JP Pretorius en Willem Krugel (agter) met Josua Koen en Francois Koen (voor). Inlas middel: Anri Greeff en Crous (agter) met Phillip Wright (voor). Inlas onder: Chantelle de Jager en Carla Grebe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'