STILBAAI NUUS - Selfs nie eers die koue van Saterdagoggend, 15 Julie, het die geharde parkrunners van Stilbaai gestuit nie en hulle is vol grappe en kwinkslae op pad na die draaipunt.
Daar was selfs 'n hond wat sy eienaar gebring het om saam te stap.
Volgens Nico Steenekamp, organiseerder van die Stilbaai-parkrun, is dit uiters gewild en behalwe vir die Stilbaaiers is daar altyd ook 'n hand vol vakansiegangers en niks stuit hulle nie. Nie eens die afgelope tyd se reën en stormweer nie.
Die groep hardlopers en stappers wag opgewonde vir die wegspring.
Clifton Donald (met die blou top) is skaars terug na hy die Visrivier-canyon gestap het en hier draf hy al weer die parkrun.
Hierdie woef het sy eienaar gebring om saam te stap.
Die pragtige roete langs die Goukourivier kronkel hier op na Palinggat toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’