STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Muurbal Ope het in Desember 2022 plaasgevind en 32 spelers van so ver as Amsterdam, Namibië, Somerset-Wes, Pretoria en Oos-Londen het deelgeneem.
Die plaaslike spelers het baie goed gevaar.
Die afrigter Jonathan Abrahams, van Riversdal, en sy seun Cody (tweede in Eden in sy ouderdomsgroep) het gespeel en daar was selfs twee vroue wat deelgeneem het.
Die toernooi is gewen deur Reuel Videler, wat die vorige ses jaar ook gewen het en kort op sy hakke was Ian Oosthuizen van Somerset-Wes.
Foto: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'