Die volgende skole het deelgeneem: Ladismith, Slangrivier, Riviersonderend, Van Kerwel, Bertie Barnard, De Waalville, Suurbraak en Heidelberg.
Volgens die personeel van Boshoff Visser het Hoërskool Heidelberg die dag baie goed organiseer en was daar heerlike verversings en plaasprodukte te koop.
"Ons besef hoe belangrik sport in die ontwikkeling van 'n kind is, daarom raak ons betrokke by georganiseerde sport," aldus 'n woordvoerder van die firma.
Hulle borg Saterdag, 24 Mei weer die groot Buurskole Sportdag wat jaarliks by Laerskool Swellendam plaasvind.

Boshoff Visser personeel by die sportdag. Van links is Stiaan Dreyer, Sonja Conradie (Genesis medies), G Oberholser en Fienie Steyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'