HESSEQUA NUUS - Die skool het op 30 Julie 15 van die 21 wedstryde tydens 'n sportdag teen Hoërskool Bredasdorp gewen. Die hokkiespanne wen ses uit agt wedstryde.
Die tellings is soos volg:
Meisies - o.18A verloor 0-2; o.18B wen 2-0; o.16A wen 1-0; o.16B wen 5-0; o.14A wen teen Volschenk se o.13A's met 1-0 en die o.14B's teen Volschenk se o.13B's wen 1-0. Seuns - o.18 verloor 0-1 en die o.16's wen 1-0.
Die netbalspanne wen sewe uit nege wedstryde. Die eerste span wen 31-30, die tweede span wen 30-3; o.18C wen 23-9; o.16A wen 19-5; o.15A wen 23-6; o.15B wen 30-6; o.15C verloor teen Bredasdorp se o.14C's met 6-8; o.14B verloor 7-25 en o.14A wen met 16-14.
Die eerste rugbyspan wen met 30-27; o.16 wen 0-25; die tweedespan verloor 0-12 en die o.15's verloor 0-55. Dasse speel op 4 Augustus teen Hoërskool Robertson op Robertson.
Agter, van links: Elana van Zyl en Jamy Riddles. Middel: Haylé Alman, Alicia Sambo, Iné Lourens, Leané Pottas, Adunaike Herling en Leané Human. Voor: Haigha-Rose Groenewald, Michelle Marais (afrigter), Lynette Gerber (afrigter) en Cornell Malherbe (spanbestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'