STILBAAI NUUS - Na die halfpadmerk in Stilbaai Rolbalklub se aksie rolbaltoernooi is die spanning hoog en elke punt tel vir die voorlopers.
Donderdagaand 29 Februarie was dit baie duidelik in die wedstryd tussen Ninja Turtles en Just Property.
Die maatband is gereeld uitgehaal om te bepaal wie se balle is naaste aan die witbal.
Wat hierdie wedstryd so uitsonderlik gemaak het is die feit dat hulle gelykop geëindig het en drie van die elf koppe was ook gelykop.
Hierdie spanne sal alles in die stryd werp om Donderdagaand 7 Maart hulle teenstanders van die baan te vee en daar behoort 'n paar interessante tweestryde te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’