Update
RIVERSDAL ROLBALNUUS - Die Riversdal-rolbalkub se eerste sosiale liga vir 2021-liga sal afskop wanneer Rolbal SA geaffilieerde klubs toestemming gee om met vierspelkompetisies te kan voortgaan.
Die liga was aanvanklik geboek om op Donderdag, 4 Februarie te begin maar die klub wag vir goedkeuring.
Sodra die liga begin, sal deelnemers met uitspeelrondes oor 10 weke elke Donderdag in spanne meeding.
George Uys is die organiseerder van die liga. Hy het gesê hy hou die Covid-19-regulasies met 'n fyn oog dop om te bepaal wanneer hulle met die liga kan begin. Sodra die liga voortgaan sal 'n sosiale rolbaldag die Donderdag voor die tyd gehou word.
Spanne sal dan geleentheid gebied word om steeds vir die sosiale liga in te skryf.
Tot en met Maandag het 30 spanne reeds hul plek vir die liga bespreek.
Die rolbalklub is reeds op Woensdae en Saterdae oop vir spel. Spelers kan om 13:00 aanmeld en van 14:00 tot 17:00 balle rol.
Vorige artikel: Sosial rolballiga geboek
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'