Gallery Video
RIVERSDAL SPORT NUUS EN VIDEO - Altesaam 24 spanne van vier lede elk het Donderdag 16 Januarie aangemeld om aan die Riversdal-rolbalklub se sosiale liga deel te neem.
Die spanne ding oor 14 weke om die George Uys Sosiale Liga-wisseltrofee mee by die klub in Jurischpark.
Volgens sekretaris Louw Bester het die besigheidsliga wat agt jaar gelede ontstaan het, mettertyd verander in ’n sosiale liga waaraan nie net besighede nie maar ook ander lede van die gemeenskap uit die omgewing deelneem.
Fotogalery: Riversdal rolbalklub sosiale liga
Hulle speel elke Donderdag vanaf 18:00 onder die spreiligte.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'