TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die jaarlikse George Wildman Derby vind vanjaar op Saterdag, 18 Desember plaas.
Hengelaars moet daarop let dat die formaat van die derby verander het.
Geen vangste word by die prysuitdeling toegelaat nie, omdat die derby juis gestruktureer is om vrylaat van vangste te bevorder.
Groot pryse ter waarde van R80 000 plus is op die spel om gewen te word, insluitende gelukstrekkings en pryse vir vroue en o/16's.
Hengelaars kan vanaf rots, strand, rivier, asook bote op rivier hengel en sluit die gebied vanaf Witsand tot Natures Valley in.
Kaartjies is beskikbaar by Wildman, Sportscentre, X-Treme Fishing en Reel Run in George, J&J Marine Sales, Go fish en X-Treme Outdoors in Mosselbaai, Harten Hengel in Fraaiuitsig en Klein Brak, Breezers in Knysna en Still Fishing in Stilbaai.
Reëls en instruksies is voor- en agterop die kaartjie. Vir enige navrae kan George Wildman (044 873 2149) of Tersius Baard (082 965 5904) geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'