STILBAAI NUUS - Die Hessequa Heritage Trail run wat ses jaar gelede vir die eerste keer tydens Erfenis-naweek aangebied is, vind vanjaar weer plaas en wel op Nasionale Braaidag, Saterdag, 24 September.
Soos die vorige jare, sal die 16 km-roete weer om 08:30 in Jongensfontein by die getypoel begin met deelnemers wat die mooi kusroete verby verskeie spesiale plekke sal volg tot by die eindpunt by Stilbaai-toerismeburo.
Deelnemers kan reeds aanlyn inskryf (R50 per persoon vir die 5 km en R150 vir die 16 km-roete), terwyl daar ook inskrywingsvorms by die toerismeburo is.
Al die inligting, asook die aanlyninskrywingsvorms is beskikbaar by www.mystilbaai.co.za onder Hessequa Heritage Trail-run.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'