STILBAAI SPORTNUUS - Skaatsplankryers is besig om behoorlik op die Stilbaai-skaatsplank baan toe te sak.
Richter van Heerden was Saterdag, 24 Oktober een van talle wat die sport op die baan beoefen het.
Onder toesig van sy pa, Basjan het Richter en sy vriende hul skaats ondervinding ten toon gestel.
Hy vertel dat tussen 20 en 50 skaatsplankryers daagliks van die fasiliteit gebruik maak. Van junior tot seniors beoefen die sport in Stilbaai en kom van omliggende dorpe om hul tegnieke te vervolmaak.
Die sport kom ook nie sonder beserings nie, maar vir die skaatsplankryers is 'n val deel van die sport.
Met Basjan langs die baan moes hy ook in 'n stadium aan Richter aandag gee na hy hard met Moeder Aarde kennis gemaak het. Dit was egter net morele ondersteuning en Richter was gou weer terug op sy skaatsplank.
Skaatsplankry kom nie sonder beserings nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'