STILBAAI NUUS - Die eerste ronde van die Wes-Kaap skaakklub kampioenskap het die naweek van 17 Maart in die Preekstoel-kampterrein se saal plaasgevind.
Nege spanne met vier spelers elk van die Eden-streek en van die Steinitz-klub van Kaapstad het teen mekaar meegeding. Volgens die organiseerders Peter Steyn, Terry Quirck en Azriel Johnson is dit die eerste keer dat 'n ronde van dié klubkampioenskap op Stilbaai plaasvind.
Hessequa se skaakspanne is uit spelers van Riversdal, Albertinia, Melkhoutfontein en Slangrivier saamgestel, terwyl spelers van George en Mosselbaai ook deelgeneem het.
Wynie Robbertse (83) van Stilbaai het die byeenkoms geopen. Sy het die eerste SA damesope in 1976 gewen en was die kampioen vir 11 jaar.
Spelers soos dr. Lyndon Bouah (hoof- direkteur van die department van kultuur en sport) wat op bord een vir sy span gespeel het, asook Mark Lewis wat die SA kampioen vir senior spelers is en Denise Bouah, die SA dameskampioen was ook in aksie. Beide Albertinia en Riversdal het elk 'n span ingeskryf wat net uit meisies bestaan het.
Welesley Davids van Riversdal in aksie teen die SA dameskampioen, Denise Bouah.
Uitslae
- Steinitz skaakklub - 12 wedstrydpunte, 6 seges
- Riversdal het vier wedstryde gewen, een teen Steinitz verloor en gelykop gespeel om 9 wedstrydpunte in te samel
- Mosselbaai
- George
- Riversdal C
- Riversdal B
- Albertinia A
- Riversdal D
- Albertinia B
B-afdeling
- Riversdal B 5 punte (die meisiespan)
- Riversdal C
- Riversdal D
Bordpryse
- CM Lyndon Bouah, 6/6, Steinitz
- Micheal James, 6/6, Steinitz
- Wayne Jordaan, 5/6, Mosselbaai
- Welesley Davids, 6/6, Riversdal A
Die borge, departement van sport en rekreasie, asook Hessequa-munisipaliteit word bedank vir hul ondersteuning.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'