Gallery
STILBAAI NUUS - Nege spanne met vier spelers elk van die Eden-streek en van die Steinitz-klub van Kaapstad het teen mekaar in die eerste ronde van die Wes-Kaap skaakklub kampioenskap meegeding.
Die byeenkoms het die naweek van 17 Maart in die Preekstoel-kampterrein se saal plaasgevind.
Volgens die organiseerders, Peter Steyn, Terry Quirck en Azriel Johnson is dit die eerste keer dat ’n ronde van dié klubkampioenskap op Stilbaai plaasvind.
Hessequa se skaakspanne is uit spelers van Riversdal, Albertinia, Melkhoutfontein en Slangrivier saamgestel, terwyl spelers van George en Mosselbaai ook deelgeneem het.
Die borge, departement van sport en rekreasie, asook Hessequa-munisipaliteit word bedank vir hul ondersteuning.
Diep konsentrasie in die Preekstoel-kampterrein se saal.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'