STILBAAI NUUS - 'n Rekordgetal van 59 spelers het die Sages-saamtrek 19 Junie op Stilbaai bygewoon.
Die Suid-Kaap Sages-tak is een van die min provinsies in Suid-Afrika wat 'n stewige groei in sy ledetal wys.
Sake het vroegoggend met 'n stewige ontbyt afgeskop en het sonder vertragings vlot verloop.
'n Hele paar besoekers het saamgespeel. Die klub verwelkom Barend van den Berg van Stilbaai wat vir die eerste keer as 'n Sages-lid deelgeneem het.
Met inviduele Stableford as formaat het die volgende spelers die beste gevaar
1. Martin Speelman (Mosselbaai) 40.
2. Pierrie le Roux (Stilbaai) 39.
3. Melinda Gravett (Stilbaai) 39.
4. Alwyn Vorster (Stilbaai) 38.
5. Niel van Heerden (Mosselbaai) 38.
6. Dirk Bosman (Stilbaai) 38.
Naaste aan die pen is deur Jacques Becker van Heidelberg op 2 en 11 gewen en Niel van Heerden op 8 en 17. Spogtwees is behaal deur Bosman, Pieter Smuts en Jacques Becker, beide van Heidelberg.
Van links is die wenners: Melinda Gravett, Grove Koch (voorsitter), Niel van Heerden, Alwyn Vorster, Martin Speelman en Pierrie le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, hessequa nuus'