Hierdie agt dae wedren begin met 'n 'prologue' in Durbanville en dan vanaf Citrusdal oor Tulbagh en Wellington tot in Stellenbosch. Die roete strek oor bykans 800km en is totaal 'off-road'.
Meer as 1200 fietsryers van 50 lande neem vanjaar aan die wedren deel in spanne van twee wat ten alle tye nie meer as 2 minute van mekaar mag wees nie. Oor die agt dae klim die fietsryers 17000meter op hulle fietse wat gelykstaande is om Mount Everest twee keer uit te klim.
Die Absa Cape Epic is die wêreld se voorste bergfietswedren en word beskou as die "Tour de France" van Bergfiets Wedrenne.
Lede van Hessequa Fietsry Klub deel van Absa Cape Epic:
Agt lede van die Hessequa Fietsry Klub, sewe Riversdallers en een Stilbaaier neem deel aan die Absa Cape Epic, naamlik Ryno Stander en Johannes Joubert ( Zeekoegat Sluipers), Michael Saayman en Thys Benson (Fox on the run), André van Wyk en Peet van Staden (Spar), CD du Toit en Derick van Staden (B-Well). CD gaan vanjaar aan sy sesde en Ryno aan sy derde Absa Cape Epic deelneem - voorwaar 'n prestasie.
Hierdie agt fietsryers versoek die ondersteuning van die hele Hessequa gemeenskap. Die Absa Cape Epic kan daagliks op televisie op kanaal 202 gevolg word.
Pick n Pay Cape Argus Fietstoer 2013 uitslae:
Namens die Hessequa Fietsry Klub word die volgende klublede baie geluk gewens met hul suksesvolle voltooiing van die 109km rit - Jurg Streicher, Michael Saayman, Elrich Bouwer, Esias Vosloo, Louis van Noordwyk, Prinsloo Oosthuizen, Roelof Botes, Gerhard van Zyl, Nico Steyn, Helga Saayman, Rina Kapp, Werner Kapp, Jannie Albertyn, Hansie Steyn, Mariza Geldenhuys, Willie Geldenhuys, en Sorina Geldenhuys.
Die groep van agt fietsryers van Hessequa Fietsry Klub wat aan die Absa Cape Epic Bergfietswedren gaan deelneem.