Update
RIVERSDAL NUUS - Mimi du Plessis en Christo Bekker is vanjaar Riversdal-rolbalklub se kampioene.
Dié klub se kampioenskap is op Woensdag 20 Februarie gehou. Lede het enkelspelformaat gespeel.
Christo Bekker het 10 punte aangeteken, René Ceunen nege en Charl du Plessis agt punte.
Du Plessis is eerste met 12 punte, Retha Lategan tweede met agt punte en Johlene Streicher derde met sewe punte. KANSA bied op Donderdag 28 Februarie 'n rolbal fondsinsamelingsdag by die klub aan. Hulle vra dat almal die geleentheid sal ondersteun.
Jonk en oud kan as lede aansluit. Bestaande lede doen 'n beroep op die gemeenskap om aan te sluit. Vir meer inligting oor hoe om aan te sluit en speltye, skakel Streicher by 082 638 1592.
Van links is Charl du Plessis, Christo Bekker en René Ceunen. Foto's: San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'