STILBAAI NUUS - Die plaaslike rolbalklub se mannedag op Saterdag 16 September was goed ondersteun met 12 spanne wat deelgeneem het.
Ses spanne was plaaslik en ses van ander klubs.
Almal het in die reën vir die groot pryse meegeding wat deur Stilbaai OK Grocer geborg was.
Die kersie op die koek was toe een van hul eie spanne 'n voltal van nege gekry het deur Gerald Enright, Steve Mentz en Hennie Steyn.
Uitslae
- Outeniqua-rolbalklub - Bennie van Loggerenberg (lei), George Fick (tweede), Terence Wilson (skip);
- Stilbaai-rolbalklub - Hennie Smit (lei), Sakkie Marais (tweede), Louis le Roux (skip);
- Stilbaai-rolbalklub - Gerald Enright (lei), Steve Mentz (tweede), Hennie Steyn (skip).
Die wenners is van links: Bennie van Loggerenberg (lei), George Fick (tweede) en skip Terence Wilson van Outeniqua-rolbalklub.
'We bring you the latest Stilbaai, Hessequa news'