HESSEQUA ROLBALNUUS - Op 28 Augustus het Riversdal Rolbalklub 'n trips- en parespan gestuur om rondte drie van die interklubliga op Witsand aan te pak.
Die trips-span, Retha Lategan, Veronica Enright en Geoffrey Prins, het al drie hul wedstryde gewen en die parespan, Gerald Enright en Miemie Du Plessis het twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel.
Riversdal Rolbalklub lê tans eerste in die Interklubliga. Kort op hul hakke is Heidelberg en Stilbaai is derde.
Riversdal is verskriklik trots op al die spanne wat met elke spel hul beste gee en die klub se naam hoog dra.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'