Update
RIVERSDAL SPORTNUUS - Carlyne Hendricks van Riversdal het geskiedenis gemaak deur die eerste manskeidsregter in Eden te word om sy SA C senior gradering vir netbal te verwerf.
Hendricks is een uit slegs drie skeidsregsters uit Eden wat genooi was om aan die Telkom junior SA netbalkampioenskap deel te neem.
Hy het die Eden-federasie dus vanaf 3 tot 7 Oktober by Hoërskool Waterkloof in Pretoria verteenwoordig.
Slegs 18 uit die 60 skeidsregters by die toernooi het hul gradering gekry.
"Sonder borge sou sy prestasie nie moontlik gewees het nie, dus wil ons die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, Cynrol Saayman, André van Wyk, Rosy Slingers en Corinn-Lee Adams hartlik bedank," het René Booysen van Blues-netbalklub gesê.
Hendricks het vanaf 8 tot 9 Oktober ook 'n afrigterswerkwinkel op Mosselbaai bygewoon.
"Riversdal is baie trots op hom en wens hom alle voorspoed toe met sy skeidsregters- en afrigtersloopbaan."
Die deelnemers aan die junior netbalkampioenskap.
VORIGE ARTIKEL: Groot eer vir plaaslike skeidsregter
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'