Agt-en-dertig ryers het deelgeneem aan die 40km roete wat gestrek het oor plaaspaaie in die distrik. Al 38 ryers het die rit voltooi en die dag was in die geheel 'n reuse sukses.
Die fietsryers was dit eens dat hulle die dag, wat afgesluit is met 'n worsbraai, baie geniet het. Die klub wil al die fietsryers bedank vir hul deelname, asook vir almal wat die dag beplan het en gehelp het met die waterpunte en ondersteuningsvoertuie.
Enige belangstellende fietsryers wat by die klub wil aansluit kan Eloïse kontak by 082 906 8347.
Die klub beplan om maandeliks 'n pretrit aan te bied.
Sommige fietsryers het so bietjie ondersteuning nodig gehad met die bulte tydens die prettrap.