Duminey en Gildenhuys het as wenners uit die stryd getree nadat hulle die eerste drie skofte gewen. In 2012 het hulle derde algeheel geëinig.
Die voormalige baanfiets kampioen, Chris Willemse jnr en sy spanmaat Wesley Cole van die CWC/Fondriest span het tweede geëindig. Die veteraan Fourie Kotze en sy spanmaat Nicci Grobler van die Sludge Gemengde span het die laaste skof oor 75km vanaf Strandveld Wynkelder na Beloftebos gewen. Hulle het danksy hierdie skof oorwinning derde algeheel geëindig en ook die gemengde afdeling ingepalm. Die vroue span bestaande uit die twee ystervrou atlete, Martha Koekemoer en Louise Ferreira, van die Enduren/Give-me-a-chance span het al vier skofte in die vroue afdeling gewen.
In die solo kategorie het die voormalige Namibiese 'down hill' kampioen, Jan Scannel, die mans afdeling gewen en Lone Sand van Denemarke die vroue afdeling. Die twee Galvatech-ontwikkeling spanne het ook presteer. Die Stellenbosse span van Lorenzo le Roux en Stanzel, wat vir die eerste keer aan 'n skofresies deelgeneem het, het puik gevaar deur derde te eindig in die Mans Spanne afdeling. Die twee Riversdallers, Morné van Staden en Granville Daries, het algeheel 32ste geëindig en het elkeen hul tweede Cape Outback Voltooiers Medalje ontvang.
Die Cape Outback Bergfiets Ekspedisie word jaarliks vanaf Stilbaai tot by Stanford aangebied en is vanjaar vir die vierde keer aangebied.
Deelnemers is net voor die wegspring in Stilbaai deur die Hessequa burgemeester, raadslid Emor Nel, verwelkom. Die eerste skof oor 109km vanaf Stilbaai tot by Nona Rosa Boskamp is in die reën beslis. Daarna het die weer opgeklaar en is die laaste drie skofte in ideale omstandighede beslis.
Die Cape Outback is een van die opwindendste ekspedisie-formaat bergfiets skof renne in Suid-Afrika en groei jaarliks in deelnemer getalle.
Die deelnemers aan vanjaar se Cape Outback was vol lof vir die mooi en dikwels ongerepte areas waardeur hulle gery het. Ongeveer die halfte van die Cape Outback se roete strek oor privaat grond en bewarings areas waarvoor spesiale toestemming slegs vir die ekspedisie verkry moet word. Volgens die hoof organiseerder van die Cape Outback, Jaco Loubser, is hierdie uniekheid van die roete deel van die aantrekkingskrag van die ekspedisie.
*Volgende jaar se Cape Outback word beplan vir 13 tot 16 Maart en sal na verwagting weer in Stilbaai wegspring.

Die vier Galvatech ontwikkelings deelnemers aan vanjaar se Cape Outback net voor die wegspring van die laaste skof, van links is Morné van Staden (35-1), Lorenzo le Roux (36-1), Stanzel Olyn (36-2) en Granville Daries (35-2). Die algehele wenner, Pieter Gildenhuys (1-1) kan in die agtergrond gesien word. Foto: Ryk du Plessis.