STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub se Piet Robbertse skitter in die Eden Ope Meesters Uitnodigingstoernooi en verower die goue medalje.
Die 12 beste rolbalspelers in die Eden-distrik, waaronder twee Springbokke, het op 11 en 12 Oktober by die Sedgefield-rolbalklub aan hierdie prestige toernooi deelgeneem.
Volgens Robbertse moet jy uitgenooi word om deel te neem, jy kan nie net inskryf nie. Verlede jaar was Robbertse tweede en vanjaar is hy die kampioen, en wat dit nog meer spesiaal maak is dat hy in 'n baie sterk afdeling moes kompeteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’