Twee-honderd-en-twaalf fietsryers het deelgeneem. Al die deelnemers was dit eens dat dit 'n uitstekende wedren was. Volgens hulle was die roetes uitdagend en die natuurskoon van die mooistes in bergfietswedrenne.
Die wenner van die 96km roete, Gert Heyns, 'n professionele fietsryer vir Contego is van mening dat hierdie roete een van die gewildste roetes op die bergfietskalender gaan word. Hy sê hy sal beslis volgende jaar terug wees om sy titel te verdedig.
Die wenner van die vroue afdeling van die 96km roete, Hanlie Booyens wie die Cape Epic al drie keer gewen het is gaande oor die roete en omgewing. Volgens haar sal sy beslis volgende jaar terug wees.
Die wedren is baie goed deur plaaslike fietsryers sowel as fietsryers van 36 verskillende dorpe ondersteun. Daar was inskrywings van sover as Krugersdorp. Hierdie wedren wat 'n jaarlikse instelling gaan word beteken baie vir die Hessequa omgewing aangesien die fietsryers die boodskap sal uitdra van 'n fantastiese wedren in 'n asemrowende omgewing.
Almal betrokke by hierdie wedren het bygedra tot die positiewe gesindheid jeens die wedren.
Die fietsryers was almal beïndruk met die organisasie van die wedren en volgens almal was die waterpunte van die hoogste gehalte ooit by 'n wedren. Definitief 'n pluimpie vir die borge van die waterpunte. Waterpunte is baie belangrik by wedrenne en die gehalte daarvan is wat fietsryers terugbring vir 'n volgende wedren.
Die wedren het in uitstekende weer plaasgevind met reën die vorige dag wat gesorg het vir net genoeg modder om kleur aan die wedren te verleen. 'n Paar fietsryers kon ongelukkig nie die wedren voltooi as gevolg van fietsbreke nie. Daar was 'n paar gevalle van ongelukke, maar gelukkig geen ernstige beserings nie.
Ienkel Dienkel Kleuterskool het hul eie fietswedrenne op die skoolgronde van Hoërskool Langenhoven aangebied. Hierdie kleuters het hulle gate uit geniet. Laerskool Volschenk het 'n 3km bergfiets wedren vir laerskool kinders aangebied. Altesaam 52 voornemende bergfietsryers het die wedren wat op die skoolgronde en in die vlei agter die skool plaasgevind het, voltooi.
Die dag was voorwaar 'n reuse sukses met behulp van al die deelnemers, organiseerders en borge.
Hessequa fietsryklub bedank ook graag die boere wat hul gronde beskikbaar gestel het vir die roetes. Groot dank aan Cape Pine (Bosbou gronde), Nachley Simon (Novo), Lawrens Schreebe (Novo), mnr. Roeleveld (Carpe Diem), Jan van der Merwe (Romans Hoek) asook Alex Prinsloo.
*Die uitslae in die verskillende afdelings is soos volg: (Slegs eerste drie plekke word aangedui):
Senior Vroue 96km: Diana Carolin (04.46.37); Yolande van der Walt (05.53.31); Senior Mans 96km: Gert Heyns (03.51.30); Craig Boyes (03.51.30); James Tennent (04.17.25); Sub Veterane vroue 96km: Esther Lategan (04.45.39); Marzanne Kriel (05.01.13); Sub Veterane mans 96km: Vickus Boshoff (04.02.45); Dawie van Rensburg (04.02.46); Jandri Ferreira (04.14.37); Veterane vroue 96km: Hanlie Booyens (04.31.46); Louise Kitson (06.01.32); Elna van der Walt (06.02.25); Veterane mans 96km: Pieter van der Merwe (04.31.45); Rikus Visser (04.33.29); Christo Nimb (04.39.19); Meester mans 96km: CD du Toit (04.43.30); Wessel Wentzel (04.53.28); Dirk Muller (04.53.28); *Alle vroue 96km: Hanlie Booyens (04.31.46), Esther Lategan (04.45.39), Diana Carolin (04.46.37); *Alle mans 96km: Gert Heyns (03.51.30); Craig Boyes (03.51.30); Vickus Boshoff (04.02.45).
Junior mans 44km: Leendert Cronjé (01.48.54); Francois Cloete (02.19.59); Oscar Maeyer (02.32.56); Junior vroue 44km: Emma Maeyer (03.49.38); Senior vroue 44km: Liza-Mari Giliomee (02.16.45); Rhona van Heerden (03.42.20); Natasha von Molendorff (03.43.34); Senior mans 44km: Pieter Gildenhuys (01.52.57); LJ Giliomee (02.05.29); JC Janse van Rensburg (03.00.41); Sub Veterane vroue 44km: Nadia Visser (02.24.35); Talita van Zyl (02.58.30); Vanessa Liebetrau (03.01.16); Sub Veterane mans 44km: Ruohan Cronje (01.49.28); Henk Botes (02.08.02); Jaco Koegelenburg (02.14.48); Veterane vroue 44km: Ilse van Wyk (02.38.08); Elizabeth Horne (02.41.47); Shannon Eyssen (02.41.49); Veterane Mans 44km: Phil Smith (02.14.56); Pieter Janse van Rensburg (02.26.11); Anthony Cloete (02.28.20); Meester vroue 44km: Elmien Swanepoel (02.49.39); Sharon Fourie (02.59.05); Nicole Crisp (03.41.37); Meester mans 44km: Jacques Malan (02.29.33); Jacobus Strauss (02.35.12); Karel Vermeulen (02.39.43); *Alle vroue 44km: Liza-Mari Giliomee (02.16.45); Nadia Visser (02.24.35); Ilse van Wyk (02.38.08); *Alle mans 44km: Leendert Cronjé (01.48.54); Ruohan Cronjé (01.49.28); Pieter Gildenhuys (01.52.57).
'Sprog girls' 17km: Marinelle Fourie (01.04.53); Janka Cronjé (01.19.25); Chané Fourie (01.20.35); 'Sprog boys' 17km: Leon (jnr) Claassen (00.55.14); Casper Pretorius (01.00.30); Johan Thiart (01.05.11); Sub junior meisies 17km: Taryn Schonken (01.21.13); Sub junior seuns 17km: André Olivier (01.01.21); Pieter-Dirk Fourie (01.10.48); Standon Wait (01.13.18); 'Fun Women' 17km: Sunette Botes (01.05.52); Jeanette Gomes (01.05.59); Leoné Combrinck (01.06.54); 'Fun Men' 17km: Michael Saayman (00.40.48); Lian Combrinck (00.50.00); Marius Vosloo (00.50.08); *Alle vroue 17km: Marinelle Fourie (01.04.53); Sunette Botes (01.05.52); Jeanette Gomes (01.05.59); *Alle mans 17km: Michael Saayman (00.40.48); Lian Combrinck (00.50.00); Marius Vosloo (00.50.08).
Mans wenners van die 96km is van links: Vickkus Boshoff (derde), Gert Heyns (eerste, en is ook aangewys as 'King of the Mountain'), uitvoerende burgemeester van Hessequa munisipaliteit, me. Emor Nel, en Craig Boyes (tweede). Foto's: Riversdal Fotografieklub.