Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Vir die derde agtereenvolgende jaar het jukskeispanne van die ooste, weste en Hartenbos Vrydag 20 April bymekaargekom om mee te ding.
Vanjaar was dit Riversdal-jukskeiklub se beurt om dié toernooi aan te bied.
Twintig spanne het deelgeneem met 12 van die ooste, ses van die weste en twee van Hartenbos.
Spanne van die ooste is Boggomsbaai, Gourits, Dannabaai en Groot-Brak. Die weste se spanne bestaan uit Riversdal, Jongensfontein en Stilbaai.
Febe Streicher, organiseerder het gesê: "Die toernooi word tydens 'n hoogtepunt van die seisoen aangebied sodat daar bepaal kan word wie die wenners van die ooste en weste is. 'n Hele paar spelers wat vandag hier is, is in hul tagtigerjare."
Hartenbos sal die volgende toernooi in Augustus aanbied.
Barry van Schalkwyk, voorsitter van Riversdal-jukskeiklub het elke speler wat deelgeneem het bedank en Riversdal Toyota is vir hul skenking van dagboekies bedank. Hy herinner almal dat oud en jonk aan dié sportsoort kan deelneem.
Kyk 'n video hieronder:
Hartenbos-A wen die A-afdeling met 42 punte, weste-A is tweede met 32 punte en ooste-A2 derde met 31 punte.
Die B-afdeling is ook deur Hartenbos gewen met 40 punte. Ooste B1 eindig tweede met 30.5 punte en ooste B3 derde met 27.5 punte.
Weste C2 wen die C-afdeling met 40 punte, weste C4 is tweede met 37.5 punte en ooste C3 derde met 33 punte.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'