HESSEQUA NUUS - Hessequa se hoop om glorie in die 19de Outeniqua-rolstoelwedloop (OCC) in George op Saterdag 15 Oktober rus vierkantig op die skouers van André Koen van Riversdal.
Maar een man staan in sy pad: Pieter du Preez, die huidige wêreldkampioen in dié sport en ook Olimpiese kampioen.
Maar die 50-jarige Koen, wat al sedert 2016 aan die OCC deelneem en verskeie silwer-en brons- én 'n goue medalje losgetrap het, ruk vanjaar op met 'n monster van 'n fiets.
Sy ou Force 3-model is verkoop en hy spog met 'n nuwe, ligter raam wat hom meer woema sal gee. Koen word deur Albertinia Meubelvervoer en die Hessequa-munisipaliteit geborg, maar in 'n sportsoort wat nie juis ruim deur borge ondersteun word nie, is daar maar altyd groot uitgawes.
Hy kort nou dringed aanvullings, sê Koen, om sy kondisioneering 'n hupstoot te gee. As daar barmharige Samaritane in Hessequa is wat kan help, bel hom gerus by 072 717 5949.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'