Nege leerders is in die o.18 Cravenweek ingesluit. Ses leerders is in die o.18 Akademieweek en 11 leerders in die o.16 SWD Grant Khomo span ingesluit.
Oakdale spog jaarliks met 'n groot oes van provinsiale rugbyspelers.
Volgens die skool is dit verblydend om te sien dat meeste leerders nie in die laerskool provinsiale kleure verwerf het nie, maar dat Oakdale oor die periode van drie tot vier jaar ongelooflike insette en geleenthede gebied het om die spelers tot provinsiale vlak te begelei.

Van links agter staan Lourenzo Gordon, Juandré Digue, Donovan van der Berg, Stephan Streicher, De Wet Dreyer, JT Jackson en Daniël Maree. In die middel is JP Coetzee, Dylan Beukes, Hanno Snyman, Gene Willemse, Maurice White, Nemo Roelofse, Benjamin Janse van Vuuren en Ruan Barnard. Voor is Daine Kannemeyer, Hermanus Botha, Kurt Eybers, Christo Hamman, Chrisjan du Toit, Adré Smit, Renaldo Ferreira, Bertie de Bod, HP van Schoor, Darryn Pieterse en Eckard Leicher.