RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale se sportmanne sit hul troutrek-prestasies voort en bewys waarom hulle wêreldkampioene in dié sport is.
Die Bulle het verlede naweek aan die Junior Suid-Afrikaanse Toutrek-kampioenskap in Kimberley deelgeneem en hul vaardigheid en toewyding is weer beloon.
Die volgende uitslae is in verskeie afdelings behaal:
480 kg
A - Goud
B - 4de
C – Goud in plaat-afdeling
400 kg
A - Goud
B - Brons
600 kg
A - Goud
520 kg
A – Brons
B – 4de
440 kg
A - Goud
B - 4de
560 kg
A - Goud
C – Goud in plaatafdeling.
Die skool se 560 kg A-span gaan Suid-Afrika as die nuwe Protea-span by vanjaar se Wêreldkampioenskap in September in Duitsland verteenwoordig. Die afrigter is Piet Lourens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’