Volgens die skoolhoof, André Latsky was die jaar weereens 'n suksesvolle sportjaar waar leerders oor 'n breë front van sportkodes die SWD, maar ook WP verteenwoordig het. "Sportsoorte soos rugby, atletiek, krieket, muurbal, swem, gholf, tennis, toutrek en jeugskou is waar Oakdalers hul merk gemaak het," het hy gesê.
"Dit was veral die 13 nasionale sportmanne wat die kollig gesteel het met die oorhandiging van nasionale kleure tydens hierdie geleentheid. Die Oakdale 560 kg-toutrekspan is opnuut vereer vir hul kroning as wêreldkampioene tydens die Toutrek Wêreldkampioenskap in Madison, Amerika vanjaar.
Dit was ook JT Jackson wat gekies is as lid van die SA Skolerugbyspan wat sy Springbokbaadjie in ontvangs geneem het." Groot dank is betuig aan ouers vir hul ondersteuning, asook Oakdale-sportbestuurders en -afrigters vir hul groot bydrae tydens die sportjaar. "Oakdale bring lof aan elke leerder wat gedurende die jaar die skool met trots en passie in sport verteenwoordig het," het Latsky afgesluit.
Die toppresteerders is: WP van Heerden (beste junior rugbyspeler), Benri van Greunen (beste senior muurbalspeler), Janco Klinck (junior Victor Ludorum), Magnus Muller (mees belowende graad 8-rugbyspeler), Philip Kruger (beste gholfspeler), Jacobus Burger (geestelike leierskap), Stephan Botha (skaakspeler van die jaar), Robert Bosch (beste junior krieketspeler), Christiaan Herselman (beste junior muurbalspeler), Francois Snyders (hoofdirigent) en Jewlin Jonkers (beste junior tennisspeler), Ian de Wet (beste senior toutrekker), Jason Clark (beste prestasie deur 'n atleet), JT Jackson (beste senior rugbyspeler en sportman van die jaar, Paul Bosch, (beste senior krieketspeler, Renaldo Ferreira (senior Victor Ludorum, veelsydigste atleet en veelsydigheid in sport) en TL Steyn (beste junior toutrekker), Wilhelm Briers (beste senior tennisspeler), Vogien Talmaggies (vordering in sport) en Johan Kemp (beste prestasie in buitesport).

Die toppresteerders is agter van links is WP van Heerden, Benri van Greunen, Janco Klinck, Magnus Muller, Philip Kruger, Jacobus Burger, Stephan Botha, Robert Bosch, Christiaan Herselman, Francois Snyders en Jewlin Jonkers. Voor: Ian de Wet, Jason Clark, JT Jackson, Paul Bosch, Renaldo Ferreira en TL Steyn. Afwesig: Wilhelm Briers, Vogien Talmaggies) en Johan Kemp

Die Hoër Landbouskool Oakdale lewer 108 provinsiale sportmanne op in tweekamp, toutrek, krieket, skaak, swem, gholf, tennis, atletiek, muurbal en rugby.

Die nasionale verteenwoordigers is agter van links: Franco Cilliers, Francois Barnard, SJ Marais, Stephanus Schoeman, Louhan van Zyl, Evert Odendaal, MC du Plessis, Hans Schutte en TL Steyn. Voor: Pieter Uys, JT Jackson, André Latsky (skoolhoof), Piet Lourens (afrigter, SA-toutrekspan), Ian de Wet en James Cowley.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'