RIVERSDAL NUUS - Die aanlê van 'n Astro-hokkieveld by Hoërskool Langenhoven sal 'n ongelooflike inspuiting wees vir hokkie in dié geweste en sal op die langtermyn help om spelers van gehalte te kweek.
Met die aankondiging dat Hoërskool Langenhoven begin het met die bou van ‘n Astro-hokkieveld, is dié nuus met groot entoesiasme begroet en was die opwinding duidelik tasbaar, sê Henco Smit, skoolhoof.
"Hierdie projek beloof om nie net die sportgeriewe van die skool te verbeter nie, maar ook om 'n positiewe impak op die breër gemeenskap van Riversdal en omgewing te hê. Dasseland besef die Astro is 'n groot stap vorentoe vir sportontwikkeling in die Hessequa-gemeenskap en hulle sien uit daarna om die geleentheid vir jong spelers te skep en 'n blywende nalatenskap vir hokkie in die streek daar te stel."
Geskiedenis word gemaak met die feit dat dit die eerste Astro-veld in die Hessequa sal wees. Die koste van dié projek beloop sowat R7 miljoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’