Die Hessequa Sportraad, in samewerking met Hessequa-munisipaliteit, gaan op 3 Mei vanjaar die tweede keer hul sporttoekennings aanbied.
Dit prysuitdeling sal weer in die Riversdal-burgersentrum gehou word.
Tydens dié geleentheid sal erkenning gegee word aan sportmanne en -vroue, adminstrateurs en afrigters in die Hessequa-munisipale streek wat op hul onderskeie sportgebiede gepresteer het.
Inligting rakende die toekennings, insluitend die verskillende kategorieë, kriteria en vereistes vir inskrywings, is reeds aan klub, skole en organisasies in die Hessequa-streek gestuur sodat hulle kandidate vir die toekennings kan nomineer.
Kandidate kan in die volgende kategorie? genomineer word:
1. Sportadminstrateur van die jaar.
2. Sportman van die jaar (senior).
3. Sportvrou van die jaar (senior).
4. Sportspan van die jaar.
5. Afrigter van die jaar.
6. Skole sportspan van die jaar (laerskole/ho?rskole).
7. Junior sportman van die jaar.
8. Junior sportvrou van die jaar.
9. Senior skole sportspan van die jaar.
10. Laerskole sportman van die jaar.
11. Laerskole sportvrou van die jaar.
12. Sportpersoon (mans en vroue) van die jaar met ‘n gestremdheid.
13. Joernalis van die jaar.
14. Ererol.
15. Lewenslange/”Life time achievement.”
16. Spesiale toekennings/vermeldings
Vir meer inligting kontak die sekretaris van die Sportraad, Gavin Geswind, by e-pos: geswind.gavin@gmail.com of selnommer: 064 637 1519.
Leigton Lewak, sport- en jeugbeampte kan gekontak word by e-pos: leighton@hessequa.gov.za of by telefoonnommer: 028 713 8000.