Die toernooi is die jaar in Saldanha aangebied en die SWD-spanne het 'n A- en 'n B-span ingeskryf.
Die A-span het eerste gekom, terwyl die B-span in 'n vierde plek geëindig het. Een van die spelers, Michelle Marais is aangewys as die toernooi se beste senterbaan speler.
Buiten SWD, het Boland, Sentraal Boland, WP en die Weskus ook aan die toernooi deelgeneem.

Tania Muller, Sue-Anne Dirker, Michelle Marais, Anthea Gordon, Izane Wessels, Lynette meyer, Jomene Roberts, Deone Kapp, Hirene van Huizen, Lee-Anne Baker, Marelize Blignaut, Marinda Prinsloo,Charne Schoeman, Andri van der Merwe, Linda Greyvenstein (spanbestuurder) en Marry-Anne Marais (afrigter).